Auctions where you can get Hanzyl genetics


SHOW-ME-SELECT SALE

28 Julie 2021 , 11:00 op Struisfontein, Dewetsdorp.

Ons bied vanjaar 10 van die heel beste *HANZYL Bonsmaraverse* (die room van die 2018-groep) op ons veiling aan – 5 is te koop & 5 bly op die plaas. Die konsep is gebasseer op die Amerikaanse “show-me-select heifers”. Hulle gaan 2-2 in die veilingring inkom, jy kan een kies en die ander een bly by Hanzyl.

  • Hierdie verse is gedek deur ‘n top bul, vry van *myostatin/normaal*;
  • Hulle word *dragtig gesertifiseer*;
  • Hul *pelvismetings* gedoen om gemak van kalwing te waarborg; en
  • Hulle is almal *ingeënt* teen alle heersende siektes.

As jy top verse wil koop – is hierdie *JOU KANS.* Jy mag nie die span uitsoekverse misloop nie.

*AANBOD:* 30 bulle & 120 vroulike diere in alle produksiestadia.
*AANLYN* via SwiftVee: https://auctions.swiftvee.com/#!/auctionDetails/2583
*NAVRAE:* Mario 060 522 3906 | Gerrit 083 325 3047

Click on the flyer below to enlarge: